Sielsvriendinne ©Mocca

“Sielsvriendinne” – Three friends under a bright moon, painting is part of a poem combo.

Acrylic on wood
64.5cm x 49cm
Value: R1600 – PERSONAL COLLECTION, ORIGINAL NOT FOR SALE

SHOP NOW for prints and products of “Sielsvriendinne”.

————-POEM————-

-Sielsvriendin-

Kan jy onthou? Ons eerste dag
ons het soos jarelange vriendinne saam gelag

Op daardie oomblik het ‘n band ontstaan
een so sterk, dit kan kilometers ver weerstaan

Deur dik en dun, deur lag en traan
Is dit jy vriendin wat altyd by my staan

Jou lig skyn helder op my pad
as ek verdwaal is jy daar en vat my hand

’n kind van God, gestuur vir my
sielsvriendin van nou tot in ewigheid

Hoe kan ek ooit my dankbaarheid wys?
Behalwe deur elke aand ons Vader God te prys

Dankie ook vir jou, my liefste vriendin
al bedank ek duisendmaal voel dit nogsteeds te min

Mag die Here jou seën. Mag ons Vader jou spaar
Mag die Heilige Gees jou helder lig vir ewig bewaar.

Copyright ©Monica Mans, Aug 2017 (Mocca)

Leave a Reply