Afrika Reenboog Kind ©Mocca

“Afrika Reënboog Kind” – A painting and poem combo about having a positive outlook on life, especially when it comes to Africa and my country, South Africa.

Acrylic on canvas
30cm x 40cm
Value: R600 – PERSONAL COLLECTION, ORIGINAL NOT FOR SALE

SHOP NOW for prints and products of “Afrika Reënboog Kind”.

————-POEM————-

-Afrika Reënboog Kind-

Ek is ‘n kind van Afrika
wat ‘n reënboog in my oog saamdra

waar ander sien, net vaal, net grys
sien ek goedheid uit die grond uit druis

passie, wysheid, kreatiwiteit
balans, kalmte, eenvormigheid

elke kleur uniek uitgetooi
saam verf dit ons Afrika mooi

ja, ek is ‘n kind van Afrika
wat ‘n reënboog in my oog saamdra

rooi, ons passie, ons lewenskrag
waarmee ons enigiets kan vermag

oranje is speels, so vry soos ‘n kind
kreatiwiteit wat ry op die wind

geel, ons sonskyn gee helderheid
versterk ons denke met goue wysheid

groen, die heuwels ons vrugbare grond
alles in balans, alles gesond

blou, die kalmte en vrede in geloof
die pragtige land wat God ons beloof

indigo, self bewustheid, jou eie ek
kyk jy ook hoe ver jou intuïsie strek?

violet, verbeeldingryke inspirasie
saam kan ons bou aan ‘n nuwe nasie

is dit net ek, of sien jy dit ook?
hoe Afrika met die mooiste kleure oorloop

is jy ook ‘n kind van Afrika,
wat ‘n reënboog in sy oog saamdra?

Copyright ©Monica Mans, Aug 2016 (Mocca)

Leave a Reply